20 Feb Mini Lipstiffie Werkswinkel by die Bruidsgids / Ek’s Verloof Ekspo – Woodlands, Pretoria
Posted at 08:19h
in News
Wat ’n fantastiese 2 dae by die Bruidsgids / Ek’s Verloof Ekspo by Woodlands Boulevard in Pretoria!
Ons het onlangs ons mini LiPLAB lipstiffie werkswinkel na die ekspo gebring – en die reaksie was ongelooflik. Bruide, strooimeisies, vriendinne en mammas het ingeloer om hul eie lipstiffie te meng, te giet en saam huis toe te neem.
Hierdie mini-werkswinkel formaat is perfek vir ekspo’s en groter geleenthede
Vir verloofde paartjies wat iets anders soek vir:
- ’n Kombuistee
- ’n Strooi-partytjie
- ’n Bruidsoggend aktiwiteit
- Of selfs ’n kreatiewe jaar-eind funksie
Wil jy hê ons moet ’n mini of volledige lipstiffie werkswinkel na jou volgende geleentheid bring?